Reddingsdaadkongres 2009 – Voorgestelde Reddingsdaad verklaring
Die Solidariteit Helpende Hand Reddingsdaadkongres van 2009 roep in herinnering die Eerste Ekonomiese Volkskongres, wat later bekend gestaan het as die Reddingsdaadkongres, van 1939.
Die Reddingsdaadkongres was die geboorte van die tweede keer wat die Afrikaner opgestaan het binne een eeu. Die eerste keer was ná die vernietigende Anglo-Boereoorlog.
Twee keer vantevore het die Afrikaner met ‘n innerlike kulturele krag onder onsimpatieke regerings daarin geslaag om die greep van ‘n vernietigende armoedesirkel te breek.








