Junie (2) Nuusbrief nr. 91

Steve Hofmeyr stig beurs vir behoeftige studente
Deur Juanita du Preez                      

Die Afrikaanse Beursinstituut het op 31 Mei ‘n historiese geleentheid beleef toe die Steve Hofmeyr Beursfonds vir behoeftige studente gestig is.

Hoewel talle ander bekendes dit oorweeg om ook beurse te stig, is Hofmeyr die eerste groot Afrikaanse kunstenaar wat die Instituut op dié manier ondersteun. Die beurs sal deur Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut bestuur en geadministreer word.

Hofmeyr is die afgelope maand op die grootste kommersiële radiostasie in Gauteng, Jacaranda FM, vereer met die “Freedom of Jacaranda”. Tydens “Hofmay” kon Hofmeyr ‘n organisasie identifiseer wat die luisteraars kon ondersteun deur R10 per SMS te skenk. Hy het Afriforum en Helpende Hand aangewys. Die projek was baie suksesvol.

As afsluiting van “Hofmay” het die sanger aangedui dat hy die goeie werk wil voortsit en sy bydrae meer volhoubaar wil maak. Lees meer.

Steve Hofmeyr het vandeesweek aangekondig dat hy die Steve Hofmeyr Beursfonds stig.
Finesse Voelgoed: 2011-06-01
Dié beurs sal deur Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut bestuur en geadministreer word.  Hofmeyr is die afgelope maand op die grootste kommersiële radiostasie in Gauteng, Jacaranda FM, vereer met die “Freedom of Jacaranda”.
 
Lees meer.

Hofmeyr wil Afrikaanse studente help met beurs
Beeld:  2011-06-01
Minderbevoorregte Afrikaanse studente kan van volgende jaar af aansoek doen om in aanmerking te kom vir ‘n beurs uit die Steve Hofmeyr-beursfonds. 

Lees meer.

Tree Aan vir die musiekblyspel van die jaar!
Deur Moira-Marie Kloppers
Aanhangers van Deon Opperman se treffer-musiekspele soos Dis hoe dit was – die Steve Hofmeyr-storie, die Boereoorlogtreffer Ons Vir Jou, en die onlangse Jock of the Bushveld, kan nou reeds hulle tande begin slyp vir sy volgende musiekspel Tree Aan! – Dit was die dae toe ons troepies was, wat op 11 Junie in die Staatsteater in Pretoria open.

Lees meer.

Jak de Priester vermaak kleuters tydens afskop van Kosblikkieprojek
Deur Juanita du Preez

Die gr. R-klas van die Laerskool Voortrekker Eeufees in Pretoria-Noord is vandeesweek behoorlik bederf tydens die afskopgeleentheid van Helpende Hand se Nasionale Kosblikkieprojek.

Die kleuters het tydens die jaar se eerste Kosblikkiepartytjie op 1 Junie kosblikkies vol lekkernye asook Afrikaanse leesboeke ontvang. As deel van die opwinding het die gewilde sanger Jak de Priester sy liedjie Hippie Haai vir die 41 kinders geleer. De Priester het hierdie liedjie spesiaal vir sy 17 maande oue seun, Jamie, geskryf.

Helpende Hand se onderskeie Vroue-takke gaan vanjaar voedingskemas by 12 behoeftige kleuterskole regoor Suid-Afrika begin.

Lees meer.

Suid-Afrika eerste, maar met billikheid en selfrespek
Deur Danie Langner - 31 Mei 2011, Kaapstad

31 Mei is soos ‘n goue draad deur die geskiedenis van die Afrikaner verweef.

  • 1844: Die Voortrekkerrepubliek Natalia word deur Brittanje geannekseer.
  • 1902: Die Vrede van Vereeniging word gesluit.
  • 1910: Die Unie van Suid-Afrika word gestig.
  • 1918: CJ Langenhoven voltooi “Die Stem van Suid-Afrika”.
  • 1928: Die Unievlag word saam met die Union Jack as amptelike vlag in gebruik geneem.
  • 1961: Suid-Afrika word ‘n republiek.

Op 31 Mei 2011 is die vyftigste herdenking van republiekwording gevier.

Wanneer die Afrikaner se huidige politieke en sosio-ekonomiese realiteite in oënskou geneem word, is dit gepas om dit te doen vanuit die perspektief van die nalatenskap van die Boere-oorlog-generaal, stigter van die Nasionale Party, minister van onderwys, Vrystaatse regter, langsdienende eerste minister, taalman en staatsman, JBM Hertzog. Lees meer.

Affies-seuns reik uit met Ubuntu-projek
Deur Juanita du Preez

Ewald du Plooy en drie van sy skoolmaats het einde Mei ‘n skenking van geld, kos en klere aan Helpende Hand gemaak.

Die vier gr. 10-leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het vir ‘n Lewensoriënteringtaak ‘n Ubuntu-uitreikprojek aangepak. Die tieners het verjaardaggeld en skenkings van hulle familie ingesamel en uiteindelik R400 geskenk. Hulle het ook groot sakke mieliemeel gekoop en tweedehandse klere ingesamel. Ewald se ouma het by haar aftree-oord klere ingesamel, wat ook geskenk is.

Ewald het homself op die ouderdom van 16 laat emansipeer sodat hy op die JSE met aandele kan handel dryf. Die idee is gebore toe hy twee jaar gelede moes besluit wat hy met ‘n Kersgeskenk – ‘n kontantbedrag – wou doen.
Lees meer.

Gesonde gesinne –
watter waardes werk?

Helpende Hand het die afgelope week tydens die première van die film Like Dandelion Dust, die Gesonde Gesinne-verslag bekendgestel. Lindie gesels in vandag se Program van Hoop met die gesinsambassadeurs oor die huwelik, die rol van pa’s in die gesin, gesinne se roeping, tieners se seer, werkende ma’s en waardes wat werk!

Luister gerus na Lindie se onderhoude met Heinz en Alette Winckler, Bobby van Jaarsveld, Liesel Krause Wiid en Hettie Brittz.

Bobaasberoepe

Met die afskop van die Neem-‘n-kind-werktoe projek gesels Karin Venter oor die waarde van besoeke aan die werksplek vir jong kinders.

Luister gerus na die onderhoud en lees meer oor hierdie week se onderwerp by www.loopbaan.co.za. Klik hier. Die skakel kan ook op Helpende Hand se Facebook-blad gevind word.

Fliek: Like dandelion dust

Helpende Hand kry R1 vir elke fliekkaartjie wat verkoop word. Klik hier om na die voorskou te kyk.

 

Verklikker
Waarheid. Leuens. Onheil  

Treine het nog altyd vir Marco Lange ’n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie. 

Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond. Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien.

“Ek skryf baie visueel sodat mense dikwels sê hulle sien my romans eintlik voor hulle afspeel. Terwyl ek skryf en herskryf sien ek ook die gebeure voor my afspeel.” – Leon van Nierop.

Leon van Nierop is 'n bekroonde skrywer en regisseur wat reeds 24 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale, ’n kabaret en akademiese boeke. Sy laatse besverkoper-roman is Vuurvreter wat in 2010 verskyn het.

Verklikker is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Teken in op die nuusbrief

[CONTENT]